• Charl Folscher

Die sakke ritsel in die bosse





Met skok en skande het ons na mekaar gekyk toe ons die omvang van vullis op Swartberg sien.

Die plastieksakke het teen sekere bosse gesit dat jy amper nie die bos kon sien nie.

Jy kan baie te sê hê, en klomp redes en of verskonings aanbied oor hoekom ons berg lyk soos dit lyk, einde ten laaste is dit my plastieksakke wat op die berg op eindig.  Ons as God se kinders het ‘n opdrag gekry om die skepping op te pas – einde van die storie.

Ons het as NG Caledon begin om die berg skoon te maak, ons het ook die gemeenskap uit genooi om te kom help.

Baie dankie aan elkeen van die ongeveer 30 bergskoonmakers.

Ons wil ook ons munisipaliteit aanmoedig om hul deel te doen.  Vulllisverwydering is ‘n betaalde diens waarvoor rekenskap gevra moet word.  Elkeen wat hier lees kan begin vra stel aan die owerheid wat met die vullis handel om sodoende te verseker dat die werk so goed gedoen kan word as ‘n skamele 3 jaar gelede.  2016 was ons teen dieselfde berg op en die plastieksakke het nie daar gewaai nie, die vraag is dus wat het nou verkeerd geloop? Kom ons as inwoners doen ons deel deur minder rommel te strooi en ons versoek ons munisipaliteit om ook hul betaalde deel te doen deur effektief werk te verrig.

11 views0 comments

Recent Posts

See All

It is a trip swimming with these guys. Well if you call stuck in a cage holding on to bars to keep you in place and looking at Apex predators swimming then yes swimming. But what it was, was an amazin

We have started 2022 off with a bang in our vlogs and from all the vlogs we have shot over the last year I honestly must say this one will be the most memorable. Genadendal is an extraordinary little